Mark (gewes)

Marke aan die oostelike grens van die Heilige Romeinse Ryk in 919-1125

'n Mark of Grensmark is 'n graafskap in 'n grensgebied van die Karolingiese en Heilige Romeinse Ryk wat deur 'n Markgraaf regeer is.[1] Die naam is afgelei van die Frankiese woord marka ("grens, grensgebied"). Tydens die Karolingiese Dinastie het die woord deur Europa versprei en is dit ook gelatiniseerd na marca en marcha.[2] Anders as 'n buffersone, wat gewoonlik neutraal is, het 'n mark gewoonlik duidelik aan 'n bepaalde staat soos die Frankiese Ryk of die Heilige Romeinse Ryk behoort en is dit spesiaal versterk teen moontlike aanvalle van buurlande. Dikwels is Frankiese of Duitse setlaars na die gebied gestuur om die mark verder te stabiliseer.[3]

  1. HAT
  2. Etymologisch Woordenboek van het Nederlands, Besoek op 26 Desember 2007
  3. Grabois, Aryeh: Enzyklopädie des Mittelalters. Zürich: Edition Atlantis 1988, bl. 405

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search